Personeel

Leierskap van VGK Malmesbury

Mnr William Stallenberg

My gesin het in 1979 verhuis na Atlantis vanaf Upington waar ek gebore is. Ek matrikuleer aan Proteus Sekondêre Skool in 1991. Na matriek het ek op ‘n deeltydse basis Informasie Tegnologie (IT) studeer vir 2-jaar. In 1995 begin ek my professionele loopbaan in die arbeidsmark as eiendomsagent. In 1998 begin ek as aankoper in Kaapstad te werk by ‘n plaaslike uitvoer-maatskappy en in 2005 word ek bevorder tot Logistieke Bestuurder.

In 1999 tree ek in die huwelik, en uit die huwelik is daar een dogter gebore en ontvang ek ook ‘n stiefseun.

Ek kom vestig my in Malmesbury in 2005 en is reeds vir 14 jaar lidmaat by VGK Malmesbury. In 2016 is ek voorgestel as Diaken in die gemeente en tans dien ek in my tweede termyn as Kerkraadslid. In 2017 het ek myself beskikbaar gestel om die klank- en visuele toerusting te hanteer en dien tans as die Klank- en Visuele Tegnikus van die gemeente.

My passie vir elektronika het reeds op skool begin maar ek het nooit volhard om ‘n loopbaan as tegnikus te volg nie. Tans geniet ek dit baie om dié rol te vervul tot eer van onse Vader.