Personeel

Leierskap van VGK Malmesbury

Jan Karolus

Ek is oorspronklik van Porterville, maar is reeds 22-jaar woonagtig in Malmesbury waar ek ook my vrou ontmoet het. Uit ons huwelik is twee seuns gebore.

Na my skolastiese opvoeding het ek in Paarl gaan werk as ‘n seisoenwerker en daarna het ek na Malmesbury verhuis. Ek kon nooit my skoolloopbaan voltooi nie omdat ek, as een van die oudste kinders in ons gesin, moes gaan werk sodat daar omgesien kon word na die jonger kinders in die familie.

Ek is ‘n lidmaat van VGK Malmesbury en op 56-jarige ouderdom het die Here my geseën met ‘n permanente werk as Koster van die gemeente. Ek het werklik ‘n passie vir wat ek doen en geniet elke dag my werk. Hierdie werk stel my in staat om my vaderlike pligte na te kom, en daarvoor is ek vir die Here innig dankbaar.